UITSONDERLIK TOEGERUS VIR MORE!
EXCEPTIONALLY EQUIPPED FOR TOMORROW!
Our mission is to:

Skoolwapen: Ontwerp deur Cora von Wielligh (28.3.1929-17.1.2016). ‘n Bybel, kragsentrale en mieliekop op die skild.
In April 1915 word ‘n skooltjie geopen met 51 leerlinge, maar die skooltjie was nie onder beheer van die “Skoolraad” nie. Dit was die skooltjie op erf 334. (De Ouwde Schoolgebouw.)
Tydens die nuutgestigde NG Kerk se gemeentevergadering van 13 Januarie 1917 word die Skoolraad van Middelburg versoek om so gou moontlik ‘n skool te open, en op die kerkraadsvergadering van
4 April 1917 word berig dat die skool geopen is met 60 leerlinge. Die skool, ‘n tweevertrek sinkgebou, ook genoem “Die Bliktrommel”, was ‘n barak afkomstig van die militêre kamp te Middelburg, en was bloedig warm in die somer en ysig koud in die winter. Dit het gestaan min of meer waar die 24 uur kliniek nou staan, dit wil sê ook op erf 334 – langs “De Ouwde Schoolgebouw”. In die skooljoernaal van 1918 word gemeld dat daar twee klaskamers is van “wood and iron”, met ander woorde die barakke, waar twee onderwyseresse skoolgehou het, en twee klein klaskamers, met ander woorde De Ouwde Schoolgebouw, waar ‘n derde onderwyser skoolgehou het. Die skoolhoof was Mnr Hauptfleisch.
Op 5 September 1919 word die nuwe skoolgebou, later die ou polisiestasie en poskantoor, in gebruik geneem. Dit was egter nog steeds te klein – dit was eintlik net die helfte van die ‘ou’ polisiestasie, ‘n ekstra vleuel is spoedig aangebou – en in 1930 is daar 130 leerlinge in die skool. Vanaf 20 Julie 1920 is die skool se status verhoog na ‘n “Tweede Klas” skool.
In 1934 word ‘n std 7 (Gr 9) klas ingestel met 14 kinders.
In 1935 open die eerste koshuis met 18 kinders. Ongeveer 1938 verskuif die koshuis na die skoolgronde waar Tsiki Naledi Hoërskool tans staan.
1936: ‘n Std 8 (Gr 10) klas word bygevoeg met 13 leerlinge.
Op 28 Januarie 1938 word die skool ingewy op die terrein van die huidige Tskiki Nalede Skool.
Aanvanklik is daar in 1937 ‘n gebou met drie klaskamers gebou, en die std 6, 7 en 8 kinders gaan op die nuwe terrein skool – die res gaan steeds in die ou skool te Beukesstraat skool.
In April 1943 word Mnr GS Maré hoof, en kort daarna word ‘n skoolsaal aangebou.
Op 13 Maart 1953 word die nuwe sportgronde, swembad en paviljoen amptelik in gebruik geneem.
In Mnr Kirsten se tyd (1954-1958) kry die skool ‘n eie skooldrag – swart, maroen en geel, met die leuse Werk en Wen op die skoolbaadjies se sakke.
In November 1959 betrek die koshuisleerlinge die nuwe, huidige koshuis.
Die derde skoolgebou (huidig Tsiki Naledi) word op 20 Oktober 1962 amptelik in gebruik geneem. Daar word steeds net vanaf Gr 1 tot en met std 8 voorsiening gemaak. In 1970 word die Laerskool ‘n dubbelmediumskool.
In Januarie 1971 is daar meer as 1 200 leerlinge op die register, en op 25 Junie 1971 hou die Hendrina Klas II Skool na net meer as vyftig jaar op om te bestaan en verdeel in ‘n Laer- en
Hoërskool. Die Hoërskool het 267 leerlinge, 15 personeellede en Mnr GS Maré as hoof. ‘n Nuwe Hoërskoolgebou word vir 1972 beplan, met plek vir 450 leerlinge, wat later na 750 vergroot sal word.
Maak dit, O Heer ons grootste taak,
deur werk en spel U groot te maak.
Omstraal ons altyd met U lig
En wil U steeds ons lewe rig.
Laat ons alleen O Heer U dien,
Met alles uit U hand verdien.
En laat ons steeds ons opdrag ken:
Die stryd bestaan uit:
Koersvas vorentoe.